Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Friday, September 16, 2005

 

Orkane

My eerste intrapslag tot die interessante kuiergat (met 'n koffie in die hand bygese!) is om dankie te se aan die stigter van hierdie kuiergat. Dit is voorwaar 'n uitstekende idee.

Johann, jy het gevra wat die storie is agter die benaming van orkane. Ek deel graag met jou (en wieookal nog sou belangstel) die volgende.

'n Mens kan spekuleer oor hoekom orkane vrouename gegee word, die vrouens onder ons sal seker se dit is omdat orkane so ongelooflik en magtig is, terwyl mans sal se dis omdat hulle so kwaai en buierig is! Die werklike rede is die volgende:

Alle orkane word name gegee, die rede daarvoor is sodat dit maklik gevolg en geidentifiseer kan word. Vir honderde jare is orkane in die Wes Indiese eilande die naam gegee van die betrokke ‘saint’s’ dag waarop die orkaan ontstaan het. ‘n Australiese metereoloog het orkane vroue name begin gee voor die einde van die 19de eeu. (Ek vermoed dis omdat hy ‘n stormagtige vrou gehad het!) In 1953 het die Amerikaanse Weerdiens storms ook vrouename begin gee.
In 1979 is beide vroue en mansname gebruik vir orkane en storms. Een naam vir elke letter van die alfabet word gebruik behalwe vir die letters Q, U en Z. Orkane wat oor die Atlantiese Oseaan ontstaan se name is meestal Frans, Spaans of Engels aangesien dit die hooftale is in die lande wat aan die Atlantiese Oseaan grens.

Die ‘World Meteriological Organization’ roteer ses lyste met name vir orkane en storms. Dieselfde lyste word elke ses jaar weer gebruik. Die enigste keer wanneer ‘n nuwe naam bygelas word in indien ‘n orkaan baie dodelik of ‘duur’ was. Dan word die naam wat gebruik is vir die orkaan geskrap van die lys en ‘n nuwe een gekies. Hieruit kan ons dus aflei dat daar nooit weer ‘n orkaan met die naam Katrina sal wees nie.

Comments>
Nogals interessant om na die redes vir die name te luister.

Ons het in die begin van die jaar 'n orkaan in hier in die noorde van Denemarke gehad. Die wind het op 160km per uur gepiek en dit was 'n skrikwekkende belewenis. Alles het 'n paar uur geduur.

Mens kan nou nog duidelike skade sien, veral in die woude waar reuse bome soos vuurhoutjies geknak is. Baie dakke en party huise is vewoes deur die orkaan. Die een kroeg in Brønderslev net 6km van ons af is skoon platgewaai. Ek het gelukkig minimale skade gehad.

My vrou sukkel nog om aan die wind hier in die noorde gewoond te raak. die wind het oor die afgelope twee dae teen gemiideld 50 tot 70 km per uur gewaai. Vir iemand wat van Pretoria af kom waar daar amper geen wind is nie is dit nogals iets om aan gewoond te raak. Dit is amper nooit windstil hier nie. Nogals gedink Port Elisabeth het baie wind.

Groetnis
 
Dankie Louise, lekker om van jou te hoor. Interessante inligting oor die name. Mens sal wonder hoekom die letters Q, U en Z uitgesluit is - daar is tog mooi (of dalk, bekende...) vrouename met die letters. Ek neem aan dat die name wat nie weer gebruik word nie, soos Katrina, is dalk gebaseer op 'n bygeloof in die sin dat as mens nie daarvan praat nie dit (dalk) nie weer sal gebeur nie.
 
Ek het onlangs op 'n artikel afgekom waar ook bietjie gepraat is oor orkane. Mens se geheue laat jou darem vinnig in die steek. Ons onthou tog party van die onlangse orkane :

Charley (2004)
Frances (2004)
Ivan (2004)
Jeanne (2004)
Andrew (1992)
Hugo (1989)
Agnes (1972)
Camille (1969)
Betsy (1965)
Diane (1955)
 
Post a Comment

<< Home