Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Monday, November 28, 2005

 

Chris skryf, "'n interessante artikel en nog wat"

Ek gaan 'n link insit van die wedervaringe van 'n ander Suid Afrikaner in Sjina. Ek en my vrou Theresa het lanklaas so lekker gelag.

http://www.woes.co.za/content.asp?contentid=359

Geniet dit.

Die weer hier by ons bly maar koud en dit sneeu baie. Omdat ons so ver in die noorde bly styg die son nie ver bo die horison uit nie. So ongeveer een en 'n halwe hand (dwars gedraai) bo die horison as jy jou arm uitsterk en dit is nou in die middel van die dag. Die son kom eers nege uur in die oggend op en gaan half vier weer onder in die middag. Vier uur is dit dan al weer pikdonker. In die middel van Desember is dit nog erger.

Ons kla nie, mis net die sonskynland van Suid Afrika ekstra baie in die winter. Ons gaan darrem oor kersfees huis toe vir twee weke. Die hele familie sien uit daarna.

Ons het nou die dag selfs kans gekry om te stem vir die lokale regering sowel as die distriks verteenwoordigers hier in Noord Jylland waar ons bly. Die interessante ding is dat jy 'n brief in die pos kry wat jou uitnooi om te gaan stem. By die stemlokaal moet jy net die brief toon wat dan in 'n groot boek afgemerk word. Geen IDs word getoon of enige iets anders nie. Almal vertrou dat dit jy is en dan ontvang jy jou twee stembriewe. Die lokale stembrief was so groot soos 'n A3 papier. Die distrik stembrief was geel en so groot soos 'n plakaat (ongeveer 1 meter x 60 sentimeter). Ons kon dit nie glo dat mens so 'n groot stembrief kan kry nie. Die stemproses is verder basies dieselfde as in Suid Afrika.

Ek en Theresa gaan die tweede week in Desember Rusland toe en dan sal ek weer oor daardie wedervaring laat weet

Comments>
Ek het gaan kyk op WOES na die eet-ervaring in China. Duidelik (en gelukkig !) verskil die verskillende kulture ten opsigte van maniere. Maar elkeen het sekerlik sy plekkie in die son. Die Chinese en Oosterse kulture was darem al lank gevestig voordat die Westerse kultuur gekom het. Dink maar ook aan hoe die Franse aristokrasie die gewoonte van om nie gereeld te bad nie gehad het (daar is interessante aspekte rondom hierdie gedagte - miskien sal ek later bietjie daaroor skryf). Ook dat die spoeltoilet maar 'n redelik nuwe uitvinding is.

Ek hoop julle geniet Rusland, en ek sien uit daarna om van julle wedervaringe te hoor.

Ek gaan darem self ook Suid-Afrika toe om bietjie 'n sonskyn-Kersfees te geniet - as die weer verander daar. Op die oomblik is dit maar nat en koel in Pretoria.
 
Post a Comment

<< Home