Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Tuesday, August 15, 2006

 

'n Bang passasier op vlug SA 261

Ek het die BLOG afgeskeep die afgelope paar maande, hoofsaaklik as gevolg van twee faktore. Werksdruk en beplanning vir 'n kruis-nasionale projek het vraatsugtig die meeste van Junie en Julie verorber, en daarna was ek bevoorreg om vir twee weke huis toe te gaan en die bitter koue gedurende die eerste week van Augustus in Suid-Afrika te geniet.

Maar, ek is terug en beplan om sommer heelwat nuwe inskrywings te maak hier by die Kuiergat. As jy dalk per ongeluk hier inval, wil ek jou graag uitnooi om gesellig saam te kuier en ook jou storie te vertel.

Met hierdie skrywe wil ek graag 'n ware gebeurtenis, circa Julie 2006, met julle deel.

Toe die man hier langs my kom sit, het my instink my vertel dat ons hier met 'n bang passasier te doen het. Mens weet mos net sulke dinge. Later, toe die ou sy skoene uittrek (die skoene was diksool swart sportskoene met rooi strepe en 'n swart ster en 'n geel son, met groen en blou skoenveters), toe raak dit duidelik hoe bang die passasier is. Ongelukkig het hy sy skoene al voor ete uitgetrek.

'n Ander afleiding wat mens kon maak uit beskikbare omstandigheidsgetuienis, was dat mense wat bang is om te vlieg, heelwat knoffel eet voordat hulle vlieg ; waarskynlik vir medisinale doeleindes om die vliegbangheid te besweer. Duidelik was hierdie passasier baie bang, omdat hy vooraf baie knoffel ge-eet het. Hierdie twee faktore het uniek saamgewerk met die afwesigheid van lugreëling in die vliegtuig om 'n spesiale, warm, persoonlike, en intieme atmosfeer in die kajuit te skep.

Ek vermoed ook dat die passasier verlangs familie van 'n perd moet wees. Nou almal weet wat gebeur wanneer 'n perd skrik ; ek dink dieselfde gebeur as 'n perd bang is. In mediese kringe word eufimistiese terminologie gebruik vir hierdie gebeurlikheid. My mediese kennis is egter nie baie goed nie, so ek mag die terminologie ietwat verkeerdelik aanwend, maar vir die doel van hierdie skrywe dink ek dit sal nie soveel saak maak nie. Wanneer 'n perd skrik, word daar gewoonlik 'n flatus gepasseer. Dit gaan gepaard met flatulensie. Nou ja, soos voorheen genoem, het hierdie passasier sekere ooreenkomste met perd se kind. Die uiteinde was dat hierdie passasier vir die grootste deel van die vlug van byna tien ure vanaf Frankfurt na Johannesburg met hierdie gedrag homself heel goed laat geld het, weliswaar heel diskreet en onhoorbaar. Maar met enige verdere inhoudelike karakteristieke van die passasie-ladings was daar niks mee verkeerd nie. Ek sou wel so ver gaan om hierdie passasier se manifestering daarvan as 'n meester in die klas sou plaas. In die opsig het my neus en reuksin my geensins in die steek gelaat nie.

Ek voel jammer vir mense wat bang is om te vlieg. Ek dink dit moet nogal erge stres wees.

Maar ek sou verkies om nie langs sulke mense te sit op 'n interkontinentale vlug van meer as tien ure nie. Dan kry ek myself meer jammer as wat ek hulle jammer kry. Baie, baie meer . . .

Comments>
Ai tog, Johann, ek moet sê dat ek met jou saamstem - ek het myself ook op 'n soortgelyke vlug met soortgelyke gebeurtenis, vreeslik jammer gekry. My mede-passasier het 'n ongelooflike groot liggaamsbou gehad en het sy stoel en die meeste van my stoel, volgesit. Verder het my mede-passasier beslis 'n goeie dosis boontjies ge-eet. Dit was 'n vreeslike nagvlug vir my gewees!

Op 'n meer gesellige noot - so bly om te hoor dat jy lekker by die huis gekuier het en dat jy weer veilig terug is in Duitsland!
Sien jou sommer binnekort weer!
 
Post a Comment

<< Home