Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Sunday, September 25, 2005

 

Wedersydse vertroue

Hierdie naweek was nou weereens vir my 'n openbaring. My oudste seun het aan die Deense meesterskap deelgeneem met pistoolskiet.

Daar was 'n paar duisend mense teenwoordig by die geleentheid. Dit geskied by 'n klein plek met die naam Vingsted wat ongeveer in die middel van Denemarke gelee is. Daar is oor die 120 skietbane, wat in 'n valei gelee is, en dit sluit bane in vir geweer en pistoolskiet. Daar is dus 'n aardige paar vuurwapens teenwoordig wat grootkaliber, kleinkaliber gewere en pistole insluit.

Orals sien mens wapens wat rondstaan sonder dat daar 'n enkele persoon naby is. Amunisie is ook orals te sien. Indien jy in die restaurant wil ingaan moet jy jou wapens buite los en dit is sonder toesig. My seun was so veras dat hy my gedwing het om fotos daarvan te neem.

In die begin het dit my baie senuweeagtig gemaak. Die wonderlike ding is dat daar absoluut niks wegraak nie. Almal vertrou mekaar. Kinders van 10 jaar stap aleen met gewere rond en niemand bevraagteken dit nie omdat almal verwag dat hulle verantwoordelik sal optree, wat hulle ook doen.

Dit het my weereens laat besef wat wedersydse vertroue in medemens werd is. Mens kan net hoop dat dit so sal bly en nie met die tyd verander nie.


Comments>
Ek het onlangs 'n soortgelyke ervaring gehad hier in Stuttgart. Ek was vir twee vol dae uitstedig en het my kar by die lughawe in publieke parkering gelos. Toe ek laat die aand van die tweede dag terugkom, kom ek agter ek het my motor nie gesluit nie, en die een ruit heeltemal oopgelos. Binne in die kar was 'n baadjie op die sitplek, en allerhande ander los goed. My petrol-kaart was ook in die kar, asook bietjie kontant. Duidelik het niemand hulle-self laat lei om die goedere of my motor te neem nie.
 
Post a Comment

<< Home