Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Thursday, September 13, 2007

 

Tydelik Gestrem !

Liewe vriende, ek het nou net by die huis gekom nadat ek vroeg vanoggend Kaap toe gevlieg het - met krukke en al. Ek het nou so klein idee van watter hindernisse gestremde mense in die gewone lewe ondervind, en hoe uiters gestremd-onvriendelik dit regtig daar buite is.

Iets so simpel soos om van die parkeerterrein deur die prosesse om op die vliegtuig te kom, raak 'n nagmerrie. Die vlug self, byvoorbeeld waar om die krukke te sit, en hoe om op te gaan sit terwyl jy byna beenaf is, en ander dinge - mense, dit was 'n openbaring. Die manier hoe ander mense jou hanteer, ensovoorts. Dit was waarskynlik een van die mees uitputtendste dae in my lewe.

Ek het geen idee gehad nie !

Miskien sal ek later meer oor die ondervinding / ervaring skryf. Alhoewel ek myself as redelik ingelig beskou tov gestremdheid, was vandag vir my 'n openbaring !

Comments>
Johann,

Jy is heeltemal reg - mens ervaar eers regtig ander se ongemak ens ens as jy volwaardig in hulle skoene staan.

Bly om te hoor jy is 'un-eventful' tuis.

Groete
Carmenn
 
Post a Comment

<< Home