Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Friday, March 24, 2006

 

Om te weuen of nie

"Ag nee wat, ek dink jy lyk pragtig in geel !"

Die waarheid is egter dat ek dink jy lyk soos 'n opgeblase oorryp piesang op steriods.

... en so voorts.

Wie van ons het nie al 'n ou wit leuentjie vertel nie - die amper-waarheid mooi toegedraai in 'n jassie, en sommer partykeer met 'n mus en serp en hoed op en Wellington 'boots' ook. Erg toegedraai !

Is wit leuens enigsins geregverdig ? Doen jy regtig die persoon aan wie jy die leuentjie vertel, 'n guns ? As dit soms geregverdig is, wanneer is dit - en wanneer nie ?

Hoe voel jy as die persoon aan wie 'n wit leuentjie vertel is, (kom ons noem dit sommer 'n weuen), as jy in die eerste plek weet die verteller lieg, of erger, later uitvind dat hy of sy gelieg het ?

Het jy 'n gunsteling weuen ?

Is ons nie soms geneig om 'n weuen te vertel om ons eie bas te red nie ; of dalk vir die beswil van die luisteraar, om gevoelens te spaar. Een argument is dat dit op 'n 'need to know' basis geregverdig is, en dat weuens al vir eeue bestaan.

Maar is dit ? Beteken 'need to know' nie eerder om die waarheid te vertel nie, maar nie alles nie - met ander woorde, dit wat gesê is, is die waarheid, maar daar is inligting weerhou. Dan ook die gedagte dat dit al vir eeue bestaan ; dit beteken tog nie noodwendig dat dit reg of moreel regverdigbaar is nie ?

Of dalk anders, meer brutaal gestel : is ons nie maar meestal geneig om 'n weuen te gebruik om self uit 'n ongemaklike situasie te kom nie ?

Wat se voorbeeld stel ons vir kinders deur openlik te weuen, en dan partykeer agteraf (wanneer die kinders ook by is), 'n heel ander opinie te lug ?

Koppel 'n mens nie gereeld sy of haar selfbeeld aan wat ander mense van jou dink nie, al weet jy waarskynlik dat die ander persoon lieg (weuen) ? Maar dit klink darem net so lekker as iemand iets bevestig wat jy tog so graag wil hoor en glo.

Of kan 'n weuen onder die lipstiffie van diplomasie geregverdig en gemotiveer word ?

Ek dink 'n weuen is as 'n onwaarheid doelbewus geuiter word deur die spreker, maw as die persoon iets sê wat hy of sy weet is 'n leuen of lieg, al is dit om gevoelens te spaar, of om konflik te vermy.

Diplomasie aan die ander kant is as die waarheid 'sagter' vertel word - nie in 'n leuen toegedraai nie, maar dalk net nie so direk of blatant gestel word nie. Maar dit bly in sy geheel die waarheid - na jou wete.

My afskop-stelling verwys. Dit is 'n weuen (of 'n lieg !) as die persoon sê 'Jy lyk pragtig in geel' en weet dit is absoluut, in sy / haar eie mening, nie so nie. Diplomasie in die geval sou waarskynlik iets wees soos, 'Weet jy, ek dink 'n ligblou sou jou beter pas', of 'Groen sou dalk jou oë se kleur pragtig uitbring'. Ek dink die persoon sou weet wat jy bedoel, en dit waardeer dat jy nie sy / haar gevoelens seermaak nie deur die huidige keuse (geel) direk te kritiseer nie.

Waarskynlik sou ek in elk geval iets gesê het soos 'Geel laat jou dik lyk', wat dan die waarheid in my oë sou wees, wat nie 'n weuen is nie, maar ook min diplomasie bevat . . . en dan die aand in die hondehok geslaap het ; of kos op 'n ander plek gaan soek het ; of 'n vriendskap dalk gekneus het.

Dan moet 'n mens ook in ag neem hoekom die persoon die vraag vra. Is dit om 'n kompliment te kry, of dit is 'n eerlike vraag waarvoor die persoon 'n eerlike antwoord verwag van jou. Jy kan nog steeds die vraag beantwoord as die persoon vis vir 'n kompliment sonder om te weuen, deur iets soos 'As jy daarvan hou en goed voel daarin, is dit mooi.' Dit is egter 'n grensgeval weuen - maar uiteindelik voel ek - as ek van iets hou en goed voel daar in, bôkker die wêreld ! Dit is my smaak en my saak !

Of is ek verkeerd ?

Nou ja toe, hoe antwoord mens die volgende vrae van jou lewensmaat :

Sy : "Dink jy die rok laat my vet lyk ?"

Hy : "Dink jy nie ons het 'n nuwe kar nodig nie ?" (let wel, die inklusiewe verwysing "ons" . . .)

Comments>
Mmm, ja, 'n ingewikkelde vragie wat mens seker versigtig moet antwoord!
My uitgangspunt is; 'n leun is 'n leun of hy nou 'n kleintjie, 'n grote of 'n witleun is - en die probleem met so 'n leun is, dat hy die geneigdheid het om jou te kom byt en dit maak altyd baie seerder as die waarheid. Maar dan ook weer, hoe gemaak met die tandemuis en Vader Kersfees of soos hier by ons, Sinter Klaas? My kinders het my daarvan "beskuldig" dat ek 'n witleun vir hulle oor bogenoemde vertel het - hoe verdedig mens nou jou goeie bedoelings? Genadiglik hoef ek nou nie meer vol te hou met my tandemuis-verhale nie - ek dink my kinders het my darem "vergewe" vir my sogenaamde witleun - hulle spot nou lekker met my daaroor.
Dankie Johann, dit het weer gelei tot 'n heerlike gesins-geselsie! :-)
 
Post a Comment

<< Home