Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Tuesday, September 11, 2007

 

Hospitalisasie en die admin-monster

Ek is nie een vir dokters en pille en hospitale nie !

Maar vandag, nie uit eie keuse nie, is ek opgeneem, en weereens verbaas die admin-monster my. Ten spyte van die feit dat ons familie hierdie hospitaal al vir jare gebruik (goed ondersteun is dalk 'n beter woord), moet mens van voor af dieselfde inligting ten minste drie of vier keer weer neerskryf. Dan word dit waarskynlik weer iewers in 'n rekenaar ingevoer. En ek moes seker vyf keer my handtekening iewers neerpen.

Is dit nie moontlik om al my vorige inligting van die databasis af te trek, sodat ek dit kan bevestig en enige veranderinge aanbring nie ? Opname sal dan mos baie vinniger en meer koste-effektief wees.

Dan word 'n reeks plakkers met al my inligting gedruk en orals op verskillende vorms opgeplak. Maar daar is nog steeds ten minste meer as tien plakkers wat ongebruik gelaat is. Waarskynlik word 'n paar wel nog gebruik deur die loop van die dag, of tot wanneer ek ontslaan word. Maar ek is oortuig daarvan dat 'n paar nie gebruik sal word nie. Hierdie gom-plakkers is duur items. As mens na al die 'voorsienings' kyk wat gedurende die proses gebruik word, wonder ek hoeveel onnodige kostes dit veroorsaak. 'n Bietjie hier en 'n bietjie daar, en weliswaar, die rekening kry sommer nog 'n nul by.

Ek is oortuig daarvan dat bietjie Organisasie en Metode fokus heelwat optimisasie en koste-besparings teweeg kan bring, en die produktiwiteit wesentlik kan verhoog.

En ek hou nog steeds nie van hospitale nie ; gelukkig is almal tot op hede baie vriendelik en hulpvaardig.

Ek hou net nie van die "Nul per Mond" teken agter my bed nie...

Comments>
Johann,
hoop en vertrou die rede vir jou opname is ook maar net vir "administratiewe" redes en sodoende dat ons nie rede tot kommer hoef te hĂȘ nie!
Sou ook eerder die " NIL PER MOND" wou verander na "NUL PER ****", maar my geluk is ALTYD dat hulle nie my wense respekteer nie.En die meeste van die kere was daar 'n mooi,jong wulpse verpleegstertjie betrokke wat die verleentheid net soveel groter gemaak het!
Groetnis en liefde,
Anton :-)
 
Johann,

Hopelik stap ons gou weer, en met stap is daar baie minder admin... en dis darem "biltong per mond".

Groete
Carmenn
 
Johann, beterskap vir jou!! Ek hoop jou knieg herstel gou. Groete by die huis, ons sien julle een van die dae.

Groetjies
Dehlia
 
Post a Comment

<< Home