Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Thursday, July 19, 2007

 

Daar's Lewe !

Liewe Kuiergatters,

Daar is weer lewe hier langs hierdie gat. En dis lekker om terug te wees.

Dis nou net meer as sewe maande vandat ek weer terug in Suid-Afrika is, maar weliswaar was die laaste sewe maande 'n uiterste gejaag - my eintlik min kans gegee om regtig gevestig te raak en myself weer in my familie te integreer. Hulle - Annatjie en die seuns - verdien eintlik 'n medalje, maar hou dit maar stil en vir julleself ; netnou verwag hulle dit regtig. Ek het ook die laaste twaalf weke wesentlik gependel tussen Pretoria en Kaapstad, en Pretoria en Duitsland. Hopelik sal dinge nou bietjie rustiger raak en stabiliseer.

Maar ek wil graag die Kuiergat weer lewendig kry, en daarvoor het ek ook julle hulp nodig. Lewer asseblief bydraes, en flitspos my. Kom ons kyk saam hoe die Kuiergat gaan ontwikkel en lyk gedurende die volgende maande.

Ek hoor graag van julle !

Comments>
Sal so maak, Johann! Sit nou net en dink of ek nou die kamp-storie of die SA-restaurant storie eerste moet vertel!
Nou ja, sal seker maar sien wat gebeur wanneer ek begin skryf.
Mooi bly, groete en liefde aan Annetjie en die manne!
 
Post a Comment

<< Home