Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Friday, September 08, 2006

 

Juwele op die SAFA webwerf

Die President van die South African Football Association (SAFA), is 'n "Bussinesman", volgens die amptelike webwerf. My 'Oxford Dictionary for the Business World' het nie so 'n woord nie . . .

Behalwe dat een van die Vise-Presidente (meneer Mwelo Nonkonyana) die 26ste Januarie 2006 gebore is, en hy al 'n lid van SAFA is vanaf 2005, is geen verdere inligting oor hom bekend nie.

'n Ander Vise-President, meneer Irvin Khoza, is die 27ste Januarie 1997 gebore, en hy is 'n lid van SAFA vanaf 1997. Ook oor hom is geen verdere inligting bekend nie.

'n Lid van die Nasionale Uitvoerende Vergadering, meneer Vernon Seymour, se geboortedatum is die 1ste Oktober 2001. Hy is ook lid van die Uitvoerende Komitee vanaf 2001. Daar word darem belowe dat verdere inligting oor hom binnekort op die webblad sal verskyn.

Nog 'n lid van die Nasionale Uitvoerende Vergadering, meneer Mato Madlala, se geboortedatum is toevallig ook die 1ste Oktober 2001. Ook hy is lid van die Uitvoerende Komitee vanaf 2001. Daar word ook belowe dat verdere inligting oor hom binnekort op die webblad sal verskyn.

Meneer Danny Jordaan is volgens die webwerf op die 15de Mei 2005 gebore, en hy is ook lid van die Uitvoerende Komitee vanaf 2005. Geen verdere inligting is bekend nie.

Die here Eddie du Plooy, Jan Koopman, Kenneth Lebenya, Nakedi Lekota, Mandla Mazibuko, Alpha Mchunu, Motebang Mosese, Sam Msimango, Sturu Pasiya en Sam Maitenyane is almal op die 26ste Januarie 2006 gebore. Hulle is ook almal lede van die Uitvoerende Komitee van voor hulle geboortes af - vanaf 2005. Verdere inligting vir die webwerf is 'onder konstruksie'.

Dit wil voorkom asof meneer Obakeng Molatedi een van die ouer lede van die Uitvoerende Komitee is. Hy is darem al op die 11de Augustus 1956 gebore. Ook so vir meneer David Nhlabati, wat op die 26ste Oktober 1947 gebore is. Ene Anastasia Tshichlas is ook 'n ouer lid, gebore op die 18de Junie 1964, Kirsten Nematandani op die 27ste Mei 1958, en Simon Sebapu op die 5de Junie 1943.

So daar is gelukkig 'n paar lede wat die baie jong lede op die komitee touwys kan maak.

Die President van SAFA belowe darem ook die volgende ten opsigte van die webwerf :
"Our site promises to be reverting, interesting and informative. We are at full speed in the information highway."
Sal iemand net asseblief aan my verduidelik wat beteken 'n "reverting site" ?

Daar is ook 'n paar interessante navigasie-uitdagings op die werf.

Gaan loer gerus by "Guidelines" en volg die skakel ""mn" ; ek het geen idee wat dit (en "bnmnb") beteken nie.

Die "Player's Code of Conduct" bied ook nogal interessante leesstof.

As mens SAFA wil kontak, bied die vonkpos-adres onder "Contact" ook ietwat van 'n uitdaging ; muisdruk daar die opsie "(test test)" en sien wat gebeur . . .

Ag ja, daar is sekerlik nog heelwat juweeltjies op die werf, maar dit het my nou begin verveel.

Net 'n laaste gedagte - Die hele wêreld, en FIFA, behoort tog sekerlik belang te stel in wat op hierdie werf aangaan, gedagtig aan 2010 ? Behoort daar nie bietjie meer aandag aan die detail gegee te word nie ?

Comments> Post a Comment

<< Home