Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Tuesday, August 29, 2006

 

Dood - Carpe Diem !

'n Baie goeie huisvriend wat baie vir ons familie beteken het, is vanmiddag oorlede ; die Vader het hom in die fleur van sy lewe kom haal. Hy was alleen by sy huis toe hy 'n hartaanval gekry het.

Vanaand het ek kom stilte soek in my woonstel. Maar juis vanaand het my familie my nodig by die huis, en ek het hulle nabyheid ook nodig. Gelukkig weet ons Hemelse Vader dit ook, en weet dat Hy die nodige genade en aanvaarding ook sal gee.

Sy dood het my ook onwillekeurig vir 'n paar minute ; of weliswaar 'n uur of twee, tot stilstand laat kom. Ek dink oor die woorde van Laurika Rauch se liedjie, en hoe waar dit regtig is. Soms luister 'n mens sonder om te hoor, en soms hoor jy sonder dat die liedjie speel.

Die mense wat ek lief het
kom groei op my soos mos
daar laat ek hulle na hartelus gedy
en loop ek deur die wêreld
- beskut teen die koue -
die snoesigheid self ;
Ek met my moskombersie.
En as daar 'n oorlog kom
word die mense wat ek lief het
'n ekstra liefdeslaag om my
so marsjeer ek deur die wêreld
gepantser teen die vuur
die onaantasbaarheid self ;
Ek met my menskombersie

Maar as iemand wat op my gegroei het
weg moet gaan
dan sit daar 'n seerplek
dan sluip ek deur die wêreld die kwesbaarheid self ;
Ek met my seerplek wat net nie wil genees nie.

Ek besef ook dat mens in die lewe, lewendig dood ook kan wees ; en soms is dit uit eie keuse. Dit is egter 'n keuse wat God juis nie vir ons wil hê nie. Dorothee Sölle het die volgende gesê :

"Daar is 'n soort dood wat intree wanneer ons ander nie sien as 'n gawe van God, 'n seëning, 'n stimulus tot 'n beter lewe nie, maar as 'n bedreiging, 'n kompetisie, 'n gevaar vir ons eie welsyn. Dit is die dood wat oor almal kom wat van brood alleen probeer lewe.

Daarom waarsku die Bybel ons teen dié dood.

Hier verwys "dood" natuurlik nie na ons vertrek uit hierdie wêreld nie, maar na 'n doellose verblyf hier, 'n bestaan sonder sinvolle verhoudings met ons naaste, en daarom 'n lewe van angs, stilte en eensaamheid - werklik niks anders nie as 'n vorm van dood".

Anton, jy het gelewe ! Rus in vrede, my vriend !

Comments>
Johann en Annetjie, jammer om te hoor van julle verlies! Mag die Here julle toevou in Sy wonderlike liefde!
Ons is self ook in hierdie tyd getref deur 'n vriend se dood! Dit is baie swaar om die verlies te verwerk maar wat rus gee vir 'n swaar gemoed, is die wete dat hy nou by die Vader is!
Ons dink aan julle en bid julle Sy vrede en liefde toe!
John, Corlie en die kinders
 
Post a Comment

<< Home