Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Monday, August 28, 2006

 

Eenvoudige uiesop, koring & biltong

Ek het vanaand laat by die woonstel gekom, en moes vinnig konstruksie pleeg aan 'n poging tot aandete. 'n Vlugtige inventaris van die koskas lewer 'n pakkie uiesop op ; die soort met die baie gedroogde uie daarin. Blitsvinnig besluit ek, gedagtig aan die nat en koel weer hierbuite, dat dit 'n goeie aand vir sop is.

Daar is in elk geval niks spesiaals aan uiesop nie. Terwyl die kookproses aan die gang is, en ek die pot roer soos voorgeskryf op die pakkie, bekyk ek die inhoudelike, en die bruinerigheid met verdwaalde uierafels lyk so hartseer, verleë en trietsig, dat ek die nie oor my hart kan kry om dit net so miserabel te los nie. Toe onthou ek van die oorskiet-koring van gister se maaltyd, en dit dinkklink so reg. 'n Paar eetlepels ingeroer, en die uie lyk al klaar sommer heelwat beter en gelukkiger. Toe onthou ek regulasie 47.5(a) subseksie 13 reël 8 (Beplanning van etes en die konstruksie van voedsel) : "Mens moet ten minste een maal per dag vleis eet ; verkieslik meer."

’n Vlugtige ondersoek in die yskas bevestig my tragiese vermoede dat daar ’n kritieke tekort aan hierdie basiese voedselsoort bestaan, met die uitsondering van ’n pak biltong. Nou ja, as die kalf dan in die put is . . .

Terwyl die kalf in die put prut in die pot, varsbak ek gou 'n paar broodrolletjies.

Ek het baie lanklaas so lekker ge-eet aan iets so simpels soos uiesop en vars broodrolletjies.

Comments>
Waar kry jy nou sommer so terloops 'n pak biltong wat in jou koskas rondle IN DUITSLAND! Hier le nie eers 'n pak biltong rond in Suid Afrika nie.

Jy skiet spek hoor.
 
Nee, biltong lê nie sommer hier rond nie. Dit word uit Suidafrika saamgebring of gestuur of miskien by `n online shop bestel wat Suidafrikaanse produkte aanbied. Al daaraan gedink?? So, voordat jy iemand beskuldig dat hy spek skiet, vra eers!
 
Post a Comment

<< Home