Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Tuesday, September 27, 2005

 

Amanda Reageer


Amanda reageer :

1. In Suid-Afrika het alle Suid-Afrikaners, ten spyte van baie dinge wat nie reg is nie (erg verkeerd is), ons nog baie om voor dankbaar te wees, en rede om elke dag dankie te sê daarvoor. Nou, met alle respek, vra ek 'hoekom' ? Is ons maar net gelukkig, of sien ek die dinge heeltemal verkeerd ? Kry ons nog 'n beurt ?

Amanda sê : Al wat ek weet is tel jou seeninge en wees dankbaar dat jy in die ou mooi landjie bly. Al is ons nou aan die ontvang kant en kry ons ’PANDAS” (previously advantaged now disadvanted) skoppe onder ons jiste, gaan dit nog baie beter as in ander lande.

2. In die konteks van bogenoemde, is ons Suid-Afrikaners nog bereid om opofferings te maak. Met ander woorde, is ons bereid om regtig vir die saak waarvoor ons staan en waaroor ons sterk genoeg voel, die broekspype op te rol, die das af te haal, en "kaalvoet oor die Drakensberge te loop" ? Of is dit makliker om Saterdagaand by die vuur in gemak te staan en kla, en om "omstandighede" die skuld te gee ? As jy terugkyk na die ”Afrikaner” sal jy sien ons kon nog nooit saamstaan nie, elkeen voeter in sy eie rigting en doen wat hy dink reg is.

Amanda sê : Daar is wel by tye dat ons ’n paar uitskieters het wat alles in sy vermoe sal doen, maar die algemene reaksie is „go with the flow“ -die regering het in elke geval so mag, hulle kan doen net wat hul wil, dis net ’n kwessie van tyd dan is alles verengels. Maar is is daarop neerkom dat ons almal sal moet saamstaan vir die voorbehoud van bv. Afrikaans in skole/universiteite, dan sal die mense hulle stem dik maak.

3. Is ons nog trots op ons herkoms ? Hier praat ek nie 'n politieke stelling of posisie aan nie, maar slegs en uitsluitlik van ons kulturele geskiedenis. Wie leer nog vir hulle kinders (of kleinkinders) die ou Afrikaanse liedjies, wie ondersteun Afrikaanse kuns, wie het onlangs 'n Afrikaanse boek gelees, of selfs 'n Afrikaanse boek gekoop (die Huisgenoot, Vrouekeur, Landbouweekblad, of Rooi Rose tel nie.. :-) Of kritiseer ons net van die linkerkant tot die regterkant - luister nie na Jurie Els nie (vir goeie redes), en ook nie na ddisselblom of Jak de Priester nie (ook vir goeie redes). Maar is ons ook ewe krities op die Engelse musiek en kunstenaars waarna ons so geredelik luister ? Wat van volksspele ? Ek sal graag later 'n paar gedagtes deel hoekom hierdie dinge nou skielik vir my belangrik word.

Amanda sê : Ongelukkig is ons normale reaksie, ag los dit vir iemand anders, ek is nou te besig of wil eerder die tv program kyk. Gelukkig het ons iemand soos Steve Hofmeyr wat baklei vir Afrikaans en het hy dit laas reggekry om ’n klompie mense bymekaar te kry om te baklei vir die naam Pretoria. Verder is daar tans ’n ongekende groei na Afrikaanse musiek, die mense is nie meer skaam om te se hulle luister na Afrikaanse musiek nie. Dit is selfs ”Cool” onder die jong mense. Die mense is trots om Afrikaans te wees.

4. Hierbo verwys ek na 'n 'natuuurkrag'. Die tsunami en die orkaan is uiteraard 'n manifestering van geweldige natuurkragte. Dit gebeur tog sekerlik toevallig nie, of hoe ? Of dink julle dit het maar toevallig nou en in hierdie tyd gebeur ? 5. Dat ons in 'n relatief kort bestek van tyd groot rampe in die wêreld ervaar het : 9/11 (mensgemaak - in die Weste), tsunami ("natuurlik" - in die Ooste), London-terreur (mensgemaak - relatief sentraal op die wêreldkaart), Katrina ("natuurlik" - in die Weste) - het vir my 'n groter boodskap saam as wat die individuele insidente dalk vir 'n mens wil wysmaak, of hoe ?

Amanda sê : Dit is alles deel van God se plan – die eindtyd is baie naby – lees maar net die Bybel.


Comments>
Ja. Interessant om na julle menings te kyk en daaroor na te dink.

Johan ek moet jou regtig bedank vir kuiergat wat jy geskep het. Dit is regtig 'n briljante idee.

Wag tot jy oorsee bly om eers regtig te besef wat jy mis. In Suid Afrika was ons Afrikaanse musiek in die huis basies beperk tot enkele kasette en langspeelplate. Ons het wel baie Afrikaanse boeke gehad wat ons alles saamgetrek het.

Ek het so na Afrikaans verlang at ek elke keer Nederlandse boeke gekoop het as ek Nederland toe gegaan het. Almal by die werk moes vir my koerante samgebring het as hulle Nederland toe gegaan het.

Sover ek weet is ons die enigste Afrikaanse mense wat so ver noord in Denemarke bly. Dit raak dus maar eensaam as jy Afrikaanse geselskap soek.

Nou het ons geweldig baie Afrikaanse musiek en ons kry maandeliks Afrikaanse storieboeke van Suid Afrika af. Ek is elke keer verras oor die nuwe Afrikaanse kunstenaars wat hulle verskyning maak. Ons praat net Afrikaans in die huis.

My kinders leer ook om Afrikaans te lees en te skryf. Ek sal een of ander tyd 'n voorbeeld van my jongste seun se Afrikaanse skrywe van briewe aan sy oupa en ouma hier pos. Hy gebruik Deense spelling en dit is nogals interessant om dit te lees. As ons met vakansie gaan moet ek elke aand 'n Afrikaanse storie vertel terwyl ons kamp. Dit is vir die kinders die hoogtepunt van die dag.

Ek wil 'n stelling maak dat Afrikaans baie sterker sal word as gevolg van die feit dat dit onderdruk word. Afrikaanse musiek is 'n goeie voorbeeld. Ek is baie trots op die werk wat Steve Hofmeyer doen vir Afrikaans. Ek hoor baie daarvan, maar ons is 'n bietjie afgesny van al die gebeure.

Ja ek moet nou groet.
 
Jy is heeltemal reg met jou stelling ivm wat mens mis. Ek het tot die Suid-Afrikaanse vlag in my woonstel in die sitkamer teen die muur. Mens se taal en kultuur is geweldig belangrik vir jou menswees en jou eiewaarde. Gelukkig is daar deesdae baie Afrikaanse webwerwe, en ek geniet dit ook nogal om af en ktoe Sondag-oggende die kerkdiens om 09:00 op rsg te luister. Ek het 'n DSL netwerk by die woonstel so die bandwydte is baie goed. Af en toe luister ek ook ander programme laat-aand, en selfs Niekie van den Berg se Sê Wie so van tyd tot tyd.

Ons sien uit na jou seun se brief in die Kuiergat.

So gepraat van Afrikaanse webwerwe. Daar is baie, maar mens moet maar selektief wees - vryheid van spraak in hierdie konteks verplig jou om jou eie waardestelsel toe te pas in dit wat jy lees en waarmee jy jouself assosieer. Maar dit is 'n baie goeie ding. Ek dink ek sal op die Kuiergat skakels na van die Afrikaanse webwerwe plaas. Enige Kuiergatvriend is welkom om voorstelle te maak oor watter skakels ons hier kan plaas.
 
Net 'n interessante gedeelte van 'n toespraak van Membathisi Mdladlana die minister van arbeid om die aanslag op Afrikaans te bevestig.

"In an address in which he often deviated from his prepared speech, the minister vehemently attacked people in South Africa who maintain artificial barriers by hiding behind language rights.

He made specific reference to Mikro Primary School in Kuils River, Cape Town who defended Afrikaans in the High Court as medium of instruction."
 
Post a Comment

<< Home