Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Wednesday, January 25, 2006

 

Diktatorskap - die antwoord vir SA ?

Is 'n demokratiese bestel soos wat in teorie in Suid-Afrika bestaan, op die oomblik die regte politiese oplossing in Suid-Afrika ? Het ons nie dalk in die kort termyn 'n 'diktator' nodig wat werklike erns sal hê met en wesentlike oplossings soek vir die geweld, misdaad, korrupsie, werkloosheid, onbeheerde immigrasie van Afrika, byna nie-bestaande staatsdiens dienslewering, die tot niet gaan van publieke dienste, ensovoorts nie. Herverdeling van rykdom is 'n mite - die waarheid is eerder herverdeling van armoede sodat die elite van die heersers die vrugte in die kort termyn kan pluk. Dit is dalk ook waar die kern van die probleem lê - 'n kort termyn sig, eintlik net tot (voor) die volgende verkiesing. Werkskepping in 'n oop, gelyke, relatief misdaadvrye gemeenskap wat so ver moontlik suiwer besigheids- en ontwikkelingsbeginsels aanhang, is nodig. Daar behoort geen kunsmatige manipulering van die nasionale geldeenheid wees nie. Buitelandse beleggers moet vertroue in die stabiliteit van die ekonomie, die werkerskorps, en in 'n produksie-omgewing sonder irrasionele inmenging van werkersunies en die vrees vir nasionalisering van bates hê.

Omdat demokrasie in baie gevalle 'n 'compromise' is, is dit dan nie so gereeld die gemiddeld van teenstrydige menings nie ? As ons iemand kan kry wat die genoemde dinge en ander problematiek van vandag se Suid-Afrika kan vasvat en onder beheer kry, en dan weer 'n demokraties-verkose leierskap in plek stel ? Sou dit nie vir almal (behalwe dalk die passasiers van die soustrein en sousvliegtuie) beter wees nie ?

Iemand mag 'n opinie huldig dat Suid-Afrika effektief nou onder diktatorskap staan, omdat die regering van die dag by verre die meerderheidstem het.

Uiteraard sou hierdie nuwe diktator dus verseker nie die ANC of enige van sy aanhangels kan wees nie - hulle het onder amper-diktatorskap gedurende die laaste tien jaar bitter min reggekry om die genoemde sake onder beheer te kry. Verder is daar sake soos die patetiese toestand van publieke gesondheidsdienste, onderwys, en byna elke ander staatsdiensfunksie wat effektief ten gronde gegaan het. Om nie eers te praat oor munisipale dienste nie. Die diktator sal dan ook leiers aanstel op grond van hulle prestasie - om die dinge wat nodig is te doen, en die geld wat beskikbaar is, effektief te spandeer en bestuur. Aanstellings sal gedoen word slegs op grond van prestasie, en nie op grond van enige vriendskapsbetrekkinge, familie-bande of dat ons vriende saam in die tronk was nie. Of omdat jy my 'n guns gedoen het, nou skuld ek jou 'n leersitplek op die soustrein nie. Of deur korrupte besigheidspraktyke in besluitnemingsposisies gehou word nie.

Al suksesvolle department is waarskynlik die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens - om belastinggeld in te vorder. Die regering se trawante is nie eers in staat om hulle begrotings te spandeer nie - verregaande korrupsie ten spyte.

Ongelukkig is dit so waar wat die geskiedkundige, Lord Acton (1834-1902) in 1887 gesê het in 'n brief na Biskop Mandell Creighton : "Power tends to corrupt, and absolute power corrupts absolutely. Great men are almost always bad men".

Maar, waar of wie sou hierdie sinnige "diktator" nou wees ? Verseker nie een van die keffende brakkies in enige van die sogenaamde opposisie-partye nie. En uit die paar moontlike Afrikaner-leiers is daar ook geen hoop nie, omdat ons Afrikaners, soos maar nog altyd, so besig is om binne die laer met mekaar te baklei dat daar geen krag oor is om saam te staan en op te staan vir ons regte nie. Ons kla ook net te lekker Saterdag-aande langs die braaivleisvuur met 'n Klippies of 'n Pinotage in die hand.

En die ander is te besig om te pak om ander probleme in die VK of Australië in die gesig te gaan staar. Of eintlik enige ander plek wat hulle sal vat !

Eintlik soek ons almal in Suid-Afrika maar net 'n kans. 'n Kans om 'n toekoms saam te hê - waar die verlede geskiedenis is - nie om te vergeet nie, maar ook nie om die geskiedenis te koester en wraak te neem nie. Ons soek 'n kans om te lewe - regtig te lewe en te groei en te ontwikkel ; in harmonie en met respek vir mekaar. Kan dit nie so wees nie ?

Ons mag seker maar 'n bietjie droom, né ?

Cogito ergo sum.

Comments>
Ek woon in Amerika en is getroud met 'n amerikaner maar ek het baie familie en vriende in Suid Afrika.
Dit moet genade wees dat ek hier geland het want as ek lees van die politieke gemors in Suid Afrika dink ek dat die ANC-terroriste dalk 'n idee gehad het. Hulle het die land geterroriseer totdat hulle oorgeneem het.
Dalk is dit tyd dat 'n regse groep moet begin om dinge vir hierdie hanskakies te verwarm. Ek bedoel hoeveel is genoeg? Waar is die boere se vol punt? Wanneer gaan dit die laaste strooi wees? Hoeveel babas moet verkrag word voor die boere gaan saamstaan en 'n einde maak aan die waansinnigheid?
Suid Afrika vanaf 1994 laat my dink aan die Jode in die Boek van Ester. Miskien het ons 'n nuwe Purim nodig.
Ek glo nie dis 'n swart-wit kwessie nie. Dis 'n ideologiese of godsdienstigge kwessie. Kan iemand asseblief vir die ANC verduidelik dat Marxisme en Ateisme nie werk nie....!!!!
 
Post a Comment

<< Home