Google Web Kuiergat

This page is powered by Blogger. Isn't yours?

My status

Enige terugvoer, kommentaar, kritiek, of net 'n boodskap is baie welkom. Skryf gerus vir my ; muisdruk hier Johann van Staden

Online dictionary at www.Answers.com

Tell me about:

Thursday, August 02, 2007

 

'n Voordrag van Formaat !

Ek deel graag met julle ’n ervaring wat ek verlede Vrydag beleef het, waar ek regtig trane in my oë gekry het en hoendervleis gehad het. Ongelukkig sal ek in woorde nie die werklikheid kan weergee nie ; die uitvoering was onbeskryflik.

Ek was by die algemene jaarvergadering van die Phyllis Robertson Tehuis vir Gestremdes in Pretoria. Soos dit maar gaan in jaarvergaderings soos hierdie, werk mens maar stelselmatig deur die agenda – die jaarverslag van die voorsitter, die finansiële state, die planne vir die komende jaar, bedankings, ensovoorts.

Maar toe gebeur dit – net voor bedankings. ’n Ouerige dame wat 'n inwoner van die tehuis is, wat op die oog af ernstig gestremd is, word voorgestel om ’n voordrag te doen. Die vroutjie is iemand wat mens nie sommer sal raaksien nie ; eintlik is dit mos maar “natuurlik” om verby “hulle” te kyk – net soos ons verby bedelaars, armlastiges en ander mense kyk wat swaarkry. Selfs toe sy sê wie sy is en wat sy gaan doen, neem mens maar eintlik nie notisie nie ; sy praat sag en half onduidelik.

Maar toe sy haar voordrag lewer, ondergaan hierdie vrou ’n gedaanteverwisseling. Sy praat met mag en met ’n stem wat goed sal geld op ’n verhoog deur enige professionele akteur. Sy lewer een of ander Engelse oratio met passie, en met ’n perfekte Shakespeariaanse aksent. Dit is asof die vrou skielik sewe voet groot word ! Ek twyfel of ek in staat sal wees om die voordrag sal kan memoriseer om dit so volledig voor te dra. Daarna lewer sy ’n tradisionele Afrikaanse voordrag – weereens foutloos en sonder om dit van iewers af te lees. Wat ’n kragtoer !

Ek was gefassineerd, en het maar net besef dat sy, die nietigste van alle mense volgens ons, dit slegs sal kan doen wanneer die Vader haar in Sy hand koester en die krag gee. En sy die geloof het om dit te doen.

Ek kan nie eintlik my gevoelens beskryf nie, maar ek het klein gevoel. En dankbaar dat ek weet dat niemand te klein is of te min werd is dat die Here Hom hom of haar nie as Sy kind aanvaar nie ; aan Sy bors te koester en vir elkeen van Sy skepsels te gee wat hom of haar so ongelooflik uniek en spesiaal maak. Hoe maklik vergeet ons dit nie.

Soos hierbo genoem, kan ek nie die ervaring en emosie in woorde stel nie. Maar ek was werklik bevoorreg om dit te kon sien en hoor.

Comments>
Hallo Johann
Dis 'n baie mooi stukkie wat jy geskryf het. Die link van my winkel doen dit nie meer nie, ek het nou ook 'n ander blog adres .... www.karoles.wordpress.com

Ek is bly jy skryf so nou en dan weer stukkies, ek glo jou tyd is baie beperk, maar ek geniet dit om hier te lees.

Groete vir Annatjie, en ons sien julle een van die dae.

Karoles
 
Johann,

Jy slaan die spyker op sy kop - mens in bevoorreg, maar nie altyd daarvan bewus totdat so iets in mens se kamp n draai kom maak nie. Ek sou beslis n traan of 2 laat rol het as ek dit self sou kon beleef. Sulke mense se gees is vir my n inspirasie. Selfs iets eenvoudig om uit die bed te kan opstaan is n seening! Dankie vir die herinnering daaraan!

He n wonderlike dag!!
Groete
Carmenn
 
Johann,

Dankie vir die herinnering aan al ons daaglikse seeninge.

Wens ek kon dit aanhoor, al sou die trane rol. Sulke mense is n ongelooflike inspirasie.

Groete
Carmenn
 
More Johann,

Sulke mense is n inspirasie, en laat mens net weereens besef hoe geseend ons almal is.

My trane sou gerol het sou ek dit kon hoor, sulke dinge roer my gewoonlik!

Dankie dat jy dit gedeel het..

Lekker dag
Carmenn
 
Post a Comment

<< Home